
A: Dalvencor het onstaan deur ons liefde vir ons eie diere. Die produkte is ontwikkel om die beste moontlike natuurlike gebalanseerde produk daar te stel sodat nie net ons diere nie maar ook ons kliënte se diere gelukkig en gesond kan lewe.
V: Daar is baie goedkoper produkte op die mark en my troeteldiere eet dit!
A: Ja dis waar. Ons doel was nie om op die mark te kom om 'n goedkoop produk daar te stel nie. Ons het eerst jou troeteldier se dieët in die natuur ontleed, daarna het ons die rou materiale saam gevoeg en die produk so na as moontlik natuurlik probeer maak. Ons sny nie op rou materiale en gebruik ook net eertse graad produkte. Die prys is wel nie die goedkoopste nie maar is jou troeteldier nie die natuurlikste gesonde kos werd nie. Ons wil nie valse beweerings maak nie maar met ons dieët wil ons graag hê dat jou geliefde troeteldier gesond moet wees van hulle geboorte tot hulle einde hier op aarde. Daarom is ons kos so ontwikkel om te verhoed dat jou troeteldier ondervoed of ongebalanseerd eet wat verseker dat hulle gesond sal lewe met minder of geen uitstappies na jou veearts.
V: Ander verskaffers se kos word teen 60grade gekook en hulle beweer dis gesonder omdat die produkte half rou is.
A: Mense moenie alles glo wat verskaffers sê net om hulle produk verkoop te kry nie. Ongelukkig leef ons in 'n era wat mense nie meer altyd dinge vir die regte waardes doen nie. Geld het kwaliteit begin vervang. Ons kook ons produkte teen 100 grade want dan verseker ons dat geen fungus of kiem kan groei soos wat gebeur met half rou kos nie. Om half rou kos te produseer beteken ook meer geld in die verskaffer se sak want gaar kos se gewig is baie minder omdat al die water uit kook, dus wil baie vervaardigers dit nie doen nie want dit beteken kleiner wins grense.
V: Ander gebruik tallow en ander vet wat blykbaar die diere se pelse laat blink! Hoekom gebruik julle dit nie?
A: Ja ons gebruik dit nie.Tallow en ander onnatuurlike vette is nie verteerbaar vir diere nie en is baie sleg vir hulle gesondheid en daarom gebruik ons dit nie. Vet veroorsaak nie die blink velle soos wat sommige vervaardigers beweer nie. Dit veroorsaak wel vel siektes, jig, omgekrapte maag en vele meer. Weereens is dit 'n geval van 'n goedkoop produk wat lekker intrek in die kos. Dit ruik vir die hond lekker en dus eet hy meer en die vet maak die gewig van die kos aansienlik swaarder wat meer wins vir die vervaardiger beteken. Die produk wat aanleiding gee tot blink gesonde pelse is Omega 3 en 6.