

Eugene Venter is na 'n gewapende rooftog wat in 1996 plaasgevind het, verlam gelaat, waarna hy vir 'n jaar gehospitaliseer moes word, en waar hy gesukkel het met depressie vir amper n decade.
N Jack Russell het sy hele lewe verander. Terwyl 'n vriendskapsband tussen hond en mens gevorm het, het Eugene agtergekom dat sy geliefde viervoet vriend sensitief was vir sekere soorte kos, dit het hom en sy vriend, Theo Coetzee laat besluit om navorsing te doen op 'n variasie hondekos en vervaardigers.
Hulle besluit toe om hulle eie Besigheid te begin, deur hondekos te verskaf. Verdere navorsing het gewys dat baie vervaardigers meer gefokus is daarop om geld te maak, as om vir jou diere vriend n gesonde, ordentlike maaltyd te gee, dit het hulle net meer gemotiveer om gesonde, ordentlike hondekos te verskaf, anders as die wat jy in die mark kry.
In 2006 is hulle droom bewaarheid toe hulle nuwe besigheid, DALVENCOR gestig is, en vandaar die reeks ECO BITEZ vir jou geliefde troeteldier.